Sport

Koel water vir warm swemmers

HFM het hul jaarlikse Interhuis swemgala op ‘n heerlike warm bosvelddag op Dinsdag 18 September, aangebied. Terwyl die rooi-, wit- en blouspanne dinge in die koel water uitgespartel het, het die vurige dirigente van die witspan die sangbeker verower.