Kwaaddoeners brand Park

Digte grys rook wolke het behoorlik bokant Judithstraat saamgedrom op Maandag 25 Junie, nadat kwaaddoeners ‘n gedeelte van die Munisipale Park in Judithstraat aan die brand gesteek het. Renette Lategan van Thabazimbi Brandbeskermingsbeheer het aan Kwêvoël gesê dat dit brandstigting was, wat ‘n strafbare oortreding is. Enigiemand met inligting wat kan lei tot die arrestasie van die brandstigters kan die SAPD skakel by (014) 777 3525.