Northam Plat wen Bosveld Hengel Trofee

Die span van Northam Plat Hengelklub het die Bosveld Hengel Trofee gewen.

SWARTKLIP – Die Bosveld Hengel Trofee het weereens plaasgevind in ysige koue weer op 19 en 20 Junie 2012.

Die kompetisie is deur vier spanne aangedurf en het ‘n dag/nag kompetisie behels.

Northam Plats het weereens die kompetisie gewen met ‘n totale punt van 996.20. In die tweede plek was die jong klub van Thabazimbi met 588.30 punte, in die 3de plek was Swartklip met 422.20 punte en in die 4de plek was Amandelbult met 233.20 punte.

Die jeug in Northam Plats se span het die pap dik aangemaak en die knoop deurgehaak vir Northam Plats, die wenners was: 1ste Plek – Gerald Burger van Northam Plats, 2de plek – Maurits Claasen van Northam Plats en 3de plek – L Jansen v Vuuren van Thabazimbi. Die drie hengelaars het ‘n merkwaardige prestasie behaal deur gesoute springbokke en Safov hengelaars te klop met jare se ondervinding. Veels geluk aan hierdie hengelaars, sowel as Northam Plats.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.