THABAZIMBI – Die Sundowner op 2 Mei word gewen deur Billy Pring op 21 punte en die gelukkige trekking word gewen deur Dave Rivers.
Die Sundowner op 9 Mei word gewen deur Louise van Graan op 21
Punte en die gelukkige trekking word gewen deur Barend Gerber.
Die Sundowner op 16 Mei word gewen deur Jakkie vd Wateren op 21 punte
en die gelukkige trekking word gewen deur JM Erasmus.
Op Saterdag 5 Mei het die maandelikse Slagspel plaasgevind. Die beste
bruto is Esme Behrens op 72. Die netto prys word gewen deur Jeanette
Rall op 66 netto gevolg deur Regan Herholdt op 68 netto en Piet Venter
en Chris Bronkhorst op 70 netto.
Laerskool Dwaalboom se Borgdag het op 12 Mei plaasgevind. Dit was ‘n Full
American Scramble met ‘n pienk bal twist wat ‘n vol veld spelers
gebring het. Die dag word gewen deur Piet Venter, Jakkie vd Wateren,
Terry Dearlove en Jaco Prinsloo op 61 punte. Hulle eindig op 17 onder
baansyfer. Die tweede plek was C Benzien, J Benzien, K Snyman, en E Snyman op 55 punte. Die derde plek was E Behrens, C Behrens, JJ Behrens, en Charlie
Penzhorn op 55 punte. Die pienk bal spel word gewen deur Louise van Graan, Alta Venter en Christo Rall op 50 punte.
Die borge, spelers en almal wat bygedra het daartoe dat die dag ‘n reuse sukses was, word bedank.
IPS het op Saterdag 19 Mei plaasgevind. Die wenner van die dag is
Heinrich Penzhorn op 43 punte gevolg deur Nita Barnard met 40 punte en
Harry Bense en Alta Venter op 39 punte.
Op 7 – 11 Mei word die Sages Nasionale Kampioenskappe gehou te Koro Creek
en Zebula. Chris Bronkhorst en Billy Pring stap weg as wenners van
die Beterbal Kompetisie. Die eerste rondte van die Putjiespel moet teen 30 Junie afgehandel wees.
Eerskomende Saterdag, 26 Mei is die HFM Borgdag. Die formaat is “Greensomes” en die inskrywings is R200 wat baanfooi, halfweg, aandete en pryse insluit. Kom ondersteun asb hierdie dag!
Op Vrydag 1 Junie word Interaksie gespeel wat opgevolg word deur 9
gaatjies Naggholf. Daar is slegs plek vir 60 spelers vir die
Naggholf. Kontak asb vroegtydig vir Esmè Behrens op 082 374 2079 om u
plek te verseker. Die Sanlam Kanker Borgdag vind volgende Saterdag, 2 Junie plaas.
