THABAZIMBI – Die gholfspelers van HFM het besonders goed gespeel en geweet ‘n wen is ‘n moet.
Die A-span wen die “Medal”-afdeling 3-1 en hulle wen die “IPS”-afdeling 4-0.
Die A-span eindig saam met PHS en Ben Viljoen bo-aan die liga. Die C-span wen 4-0 en is so ook die Liga-wenners.
Die B-span moes gewen het maar speel gelykop met 2 punte elk. Die beste gholf is gespeel deur JM Erasmus en Jaco Jacobs met 78 houe.
Die Limpopo finale is Vrydag op Polokwane waar die C-span verseker gaan speel.
Baie geluk aan Mnr Campbell wat 35 punte gemaak het en sy wedstryd ook gewen het.
