6cm bout deur voorruit

Dina van Lente in die Ford Bantam wat se voorruit oomblikke vantevore deur ‘n bout deurboor is.

KOEDOESKOP – Die bestuurder van ‘n Ford Bantam het op Donderdag 24 Mei naelskraap aan die dood ontkom nadat ‘n ongeveer 6cm lange bout ‘n gat in die voorruit geslaan het.

Volgens die bestuurder, me Dina van Lente, het sy en haar passasier, me Dorene van der Merwe, ‘n verskriklike slag gehoor nadat ‘n vragmotor op die aankomende baan verby hulle gesnel het. “Ek het gedink iemand skiet op ons.” Het Dina kort na die voorval aan Kwêvoël vertel.

Sy en Dorene was onderweg na Thabazimbi vanaf Koedoeskop se rigting toe die vragmotor se een band die bout na hul voertuig se voorruit opgeskiet het. “Gelukkig het Dina kalm gebly en die voertuig veilig tot stilstand langs die pad gebring.” Vertel Dorene.

‘n Steeds geskokte Dina het daarna die bout aan Kwêvoël gewys wat steeds in die voorruit vasgesit het. “As dit die voorruit bietjie hoër getref het, daar waar die glas nie so dig is nie, sou die bout regdeur die ruit geslaan het.” Het Dorene grootoog uitgewys. Dorene en Dina het dit eens dat die splintervaste voorruit moontlik die twee dames se lewens gered het.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.