SuperSpar se Super Bokafslagkompetisie

Die wenners, Jaco en Charles in aksie tydens die Super Bokafslagkompetisie.

THABAZIMBI – Die jaarlikse Spar Bokafslagkompetisie wat tydens die Wildsfees aangebied word, het hierdie jaar weer toegesien dat verskeie messe vlymskerp gemaak word om as wenner uit die stryd te tree.

Die wenners was Jaco en Charles wat ook in 2010 koning gekraai het. Hierdie jaar het hulle die bok binne 14.6 sekondes afgeslag. Hulle hou tans ook nog die rekord van 13.7 sekondes. Tweede was Gerhard en Peter met 21.6 sekondes en derde was Lizelle en Gerhard met 21.76 sekondes.

Die Oppikoppi Bokslagspan het hul bok in 52.27 sekondes afgeslag, ‘n persoonlike rekord vir hulle.

Die suksesvolle veiling is behartig deur Pieter Heyns. Thaba SuperSpar bedank graag Barries van Ehlers Elektries vir sy ondersteuning elke jaar met die veiling.

‘n Bedrag van R10 000 word aan Dewald Swart geskenk terwyl R5000 aan Helpende Hande oorhandig is.