Northam VLU kuier met Lienkie Lombard

Hannelie Botha en Lienkie Lombard.

KOEDOESKOP – Die dames van Northam VLU het op 19 April 2012 hul maandelikse vergadering te Koedoeskop by die Lodge van Hannelie Botha gehou.

Die VLU Kunstenaar van die Jaar 2012, Lienkie Lombard het die dames toegespreek, en meer vertel oor die kuns om te kan skilder. Sy gebruik hoofsaaklik olie of akriel, en skilder verskeie temas. Deesdae skilder sy graag kinders. Lienkie sê daar is slegs enkele vaste reëls wanneer jy skilder, verder moet jy jou laat lei deur jou verbeelding, en dit is belangrik om die kleurwiel te ken. Volgens haar moet kuns altyd ‘n uitdaging wees.

Die vergadering is bygewoon deur verskeie gaste, onder andere Daleen en Pamela Botha van Thabazimbi VLU. Heelwat dames het ook kom spog met huiswerk wat hul gedurende die maand gedoen het, en waarvoor hulle punte verdien.

Northam VLU beplan hul volgende vergadering vir 24 Mei 2012, en die volgende Fleur de Lis vergadering sal gehou word op 22 Mei 2012, waar Lienkie Lombard ook teenwoordig sal wees met van haar werke. Vir meer inligting aangaande bogenoemde vergaderings, kontak Mari Meintjes 0820864915.