Jukskei keuring te Mokopane

MOKOPANE – Die eerste Jukskei vir 2012 begin op  Saterdag 21 Januarie 2012 wanneer spelers aan ‘n keuring gaan deelneem op die bane van die Tarentale Klub te Mokopane om 08:00.

Spelers keur vir die Noordstreek Toernooi te Pretoria op 28 Januarie 2012 op die Gauteng Noord se bane.

B en C spelers keur ook vir die B en C Vereeniging se Toernooi te Kroonstad vanaf 27 Februarie tot 1 Maart 2012.

Op 18 Maart 2012 word ‘n keuring gehou vir die kies van spanne vir SA Kampioenskap te Kroonstad vanaf 31 Maart tot 6 April ’12. Vir enige navrae ten opsigte van Keuring kontak Bossie Liebenberg by 082 920 9070.