
THABAZIMBI – Na afloop van die toetsreeks in die derde kwartaal is die sommetjies gemaak en die beste presteerders in elke graad van Bosveld Akademie Privaatskool aangewys.
Slegs die eerste twee kandidate per graad, met ‘n gemiddelde persentasie bo 75% maak deel uit van die Top 2 span vir die kwartaal. In sommige grade was daar meer kandidate wat gekwalifiseer het. Die Graad 12’s het pragtig presteer in hul Rekordeksamen. Uit die groep van vyf het twee kandidate ‘n gemiddeld van 75% behaal. Drie van hierdie kandidate se gemiddeld het met tussen 8 en 10% verbeter. Die skool is baie trots op al sy leerlinge.

