
THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het op Donderdag 9 Junie teen Laerskool Krugerpark op tuisveld in Liga rugbywedstryde meegeding.
Vyf spanne het goeie rugby gespeel en almal oortuigend gewen. Die O/9 span wen 5-0, die O/10 span wen 29-5, die O/11 span wen 10-7, die Tweedespan wen 15-5 en die Eerstespan wen met 45 punte teenoor 0.

