Ja, dit is hoe ons voel, vir drie jaar doen ons elke jaar aansoek by die Thabazimbi Expo vir ‘n stalletjie, maar nee, ons word vir lank aan ‘n lyntjie gehou. Elke keer as ons bel, dan is die antwoord hulle is nog besig met die keuring. As ons ‘n laaste poging aanwend, word vir ons gesê, jammer as julle niks van ons hoor nie, kwalifiseer julle nie. So stap ek deur die fees met al sy “baie stalletjies”, lekkergoed stalletjies in oorvloed, en dan loop ek deur “china town”, en die res is elke jaar daar, niks nuuts nie. Nou wonder ek, soek hulle nie plaaslike uitstallers nie, of wat is die probleem? Ek het van ander uitstallers ook gehoor wat so weggewys word. Snaaks, daar was nie vreeslik stalletjies as jy kyk in die verlede hoe het dit gewemel met oulike handgemaakte artikels nie. Ag, dan praat ek nie eens van die toegang nie, geen kontrole by die hekke nie, gee jou geld en kry ‘n stempel. Geen genommerde kaartjie wat as kontrole kan dien en later vasgestel word hoeveel volwassenes en kinders was daar nie. As ek so luister is ek nie die enigste wat suur voel nie, baie was nie beïndruk met die hele gedoente nie. Dankie aan ons Landbouskou dat julle ons met ope arms verwelkom.
“Pretty Things”
