Dieseldiewe verdwyn met R72 400

Enigeen wat hierdie trok of persone gewaar het word gevra om Cornell Botes by 082 928 5535 of Nicolene Heydenrych by 083 348 2315 te kontak in verband met ‘n diesel diefstalsaak.

THABAZIMBI – Die eienaars van Skeerpoort Verspreiders het op Donderdag 17 Maart 2011 ‘n groot verlies gely nadat diewe met 8000 liter diesel verdwyn het.

‘n Ene Davis Mulalo het hulle die dag gekontak en dringend ‘n kwotasie aangevra vir 8000 liter diesel ter bedrae van R72 400.

Op Vrydag 18 Maart het mnr Cornell Botes, bestuurder van Skeerpoort Verspreiders ‘n sms vanaf Nedbank ontvang dat die geld in hul bankrekening gedeponeer is.

‘n Dieseltrok is op Saterdag 19 Maart gestuur om die diesel te kollekteer.

Teen Woensdag 23 Maart het die geld nog nie in die rekening verskyn nie, maar het hul kans gegee tot Donderdag 24 Maart vir die fondse om te reflekteer, sonder sukses.

‘n Saak van diefstal by die SAPD is aanhangig gemaak.

Skeerpoort Verspreiders vra die publiek om op die uitkyk te wees vir die trok.  Indien u hom dalk bespeur of gewaar skakel baie dringend vir Cornell Botes by 082 928 5535 of Nicolene Heydenrych by 083 348 2315.