Maak Mongatane Lodge deel van jou vakansie

THABAZIMBI – Mongatane is die Sotho woord vir ‘n doppruim, ‘n inheemse boom wat hier in die bosveld voorkom en nogal volop is by Mongatane Lodge.
Dié drie-ster lodge is sowat 10km buite Thabazimbi geleë en akkommodeer reeds sewe jaar gaste van oraloor.
Die lodge beskik oor nege ingerigte enkel- of dubbelbed chalets met elk sy eie kroegyskas, stort, toilet en wasbak. Oornagfasiliteite sluit bed en ontbyt in. Vir selfsorg-gaste is daar ‘n gesamentlike kuierarea wat braaifasiliteite en ‘n swembad insluit. Ander etes kan verskaf word op bespreking vir ‘n minimum van 10 mense. Die eetsaal en konferensiefasiliteit vir 30 mense word met ‘n kontantkroeg bedien.
Glip hierdie vakansie vir ‘n dag weg na Marakele Nasionale Park met die busdiens onderleiding van Boeta van Dyk van Mongatane Lodge. Die ongeveer vier ure-toer word op bespreking aangebied en sluit ook ‘n versnapering in. Die bus kan ‘n maksimum van 13 insittendes akkommodeer en word op enige dag aangebied.
Die lodge het ook ‘n sonsakker-uitkykpunt wat die gaste vir oulaas met ‘n bietjie bosveld trakteer voor hul weer huiswaarts keer.
Skakel Magdaleen van Dyk by 082 965 0002 of Boeta by 072 447 3871 of e-pos tbztrophies@mweb.co.za vir besprekings.