Hoë Proteïen dieet: ’n Wetenskaplike opinie

Navorsing het bewys dat gemak en voorkoms, eerder as gesondheid,  die dryfveer is agter mense se pogings om te verslank.  Niemand wil egter maande lank wag om hul ideale gewig te bereik nie, vandaar die enorme ondersteuning van die kits dieet mark. Een van die gewildste kits diëte tot op hede is die Hoë Proteïen dieet.

Maryke Carstens, ‘n nuwe intrekker en geregistreerde dieetkundige, het op Saterdag 23 Oktober inwoners van Thabazimbi by Deo Volente gastehuis toegespreek oor die potensiële gevare  van die Hoë Proteïen dieet. Tydens haar  90 minute praatjie het sy breedvoerig verduidelik hoekom die Hoë Proteïen dieet oor die kort termyn gewigsverlies teweeg bring, maar nie oor die langtermyn gesond en volhoubaar is nie. Sy het ook ’n alternatief tot dié dieet voorgestel en bespreek. Na afloop van die praatjie het Maryke talle vrae beantwoord terwyl gaste weg gelê het aan Annelie Pelser se smul lekker middagete.

’n Soortgelyke praatjie asook praatjies oor vele ander onderwerpe word vir die die res van 2010 asook  2011 beplan. Maryke open in die tweede week van November haar privaat praktyk in Thabazimbi. Vir verdere navrae kontak Maryke by 084 4163584 of maryke.rabe@sun.ac.za.