VLU Strewe-Tak en decoupage

MAKOPPA – Die VLU Strewe-Tak het op Dinsdag 12 Oktober by die NG Kerksaal vergader. Die vrouens het heerlike eetgoed en tee geniet om bietjie weg te kom van die huis af en idees te ruil. Hulle kom elke tweede Dinsdag bymekaar om vir mekaar hulle “huiswerk” te wys en saam te kuier. Amanda Martin het tydens hierdie vergardering ‘n werkswinkel aangebied oor “decoupage”.