Helenè vanaand by KunsteGrot

Helenè Bester tree vanaand, Vrydag 22 Oktober by die KunsteGrot op.

THABAZIMBI – Die pragtige, begaafde Helenè Bester is vanaand, Vrydag 22 Oktober om 19:00 by die KunsteGrot te siene.

Daar is nog heelwat kaartjies teen R120 per persoon vir hierdie vertoning beskikbaar, skakel Rita sommer dadelik. Vir die laatslapers sal daar vanaf 18:00 kaartjies by die deur beskikbaar wees. Helenè is bekend vir haar treffers soos “Hou my vas” en “Wens”. Op 19 November bied Manuel Escorcio ‘n besonderse Kerskonsert aan. Kaartjies reeds beskikbaar.

Groot dinge word vir 2011 beplan wanneer dit die KunsteGrot se vyfde jaar in die bedryf is. Daar word afgeskop met Die Grot Oupa op 12 Februarie. Vir diegene wat die veelbesproke “lights-out” aand met Corlea en Rudi meegemaak het, is daar goeie nuus, hulle kom kuier weer op 28 Mei by die KunsteGrot en daar sal  spesiale afslag op kaartjies wees.

Onderhandelinge met Lizz Meiring, Tessa Ziegler en nog ‘n paar groot name is ook aan die gang. Voorts het RiVo Toneel groot planne vir 2011, aangesien dié jaar se optredes nie kon realiseer nie. Rita Volschenk bedank al hul borge en almal wat die KunsteGrot so getrou ondersteun, dit verseker die voortbestaan van die KunsteGrot. Vir alle navrae en besprekings Rita by 083 7448559.