
THABAZIMBI – Leerlinge van Laerskool Thabazimbi het die afgelope ruk saamgespan om voedsel vir die optelhonde en -katte vir TAR in te samel. Thabazimbi Animal Rescue oftewel TAR, soos die gemeenskapsorganisasie bekend staan is uiters afhanklik van bydraes van die publiek. Die gemeenskap se hulp om aanneming van dié diere word gevra. Tans is daar 18 aanneembare diere. Die publiek word ook gevra om die blikkies wat op toonbanke by verskeie besighede is, te ondersteun, elke bietjie help, selfs daardie 5c in wat net jou beursie vol maak.

