Weghol veldbrande in die Waterberge

Weghol veldbrande heers sedert Donderdag 7 Oktober in die Waterberge in die gebied tussen Thabazimbi, Alma en Vaalwater. Die brand is vermoedelik begin deur iemand wat in die veld sweiswerk gedoen het. Die uitermate hoë temperature wat die afgelope tyd in die omgewing ondervind word, met meegaande donderweer, het veroorsaak dat die brand heeltemal buite beheer geraak het. Weerlig he took brand op verskeie plekke in die gebied veroorsaak. Die lugmag het twee Oryx helikopters beskikbaar gestel om te help met die brandbestryding. Meer as 80 000 hektaar weiding, wat talle wildplase insluit, is reeds in die brand verwoes. In nog ‘n brand Saterdagaand op die Kwaggasvlakte hoewes oorkant die Marakele Nasionale Park is een persoon vir brandwonde en nog ‘n persoon vir rookinaseming behandel. Die brand het geweldig vinnig versprei en is Sondagmiddag onder beheer gebring. Geen wonings is in hierdie brand beskadig nie alhoewel brandskade by twee skure aangemeld is. Regs is die brand op die Kwaggasvlakte hoewes en heel links en agter Kransberg is die brand in die rigting van Alma en Vaalwater.