Rhino Stoeiers by SA Jeug 2010

Die drie stoeiers van Rhino Stoeiklub wat aan die SA Jeug Stoei Kampioenskappe te Pretoria deelgeneem het, vlnr: Quintin Swart, Ruan Geldenhuys en Michelle Smit. Agter: Clifton Niemand, hoof beampte van Rhino Stoeiklub.

PRETORIA – Die SA Jeug Stoei Kampioenskap van 2010 was verlede naweek te Pretoria aangebied.

Drie stoeiers van Rhino Stoeiklub het die klub verteenwoordig by die kampioenskappe nadat hul vroeër vanjaar deurgedring het in die Limpopo- en Streeksproewe. Quintin Swart is, na slegs drie maande se stoei afrigting, sesde in Suid-Afrika in die 0/15 50-54kg-afdeling geplaas. Ruan Geldenhuys het in die 0/11 30-33kg-afdeling meegeding en na slegs sewe maande se stoei afrigting, die klub beïndruk deur negende in die land geplaas te word. Michelle Smit het haar “hat trick” gekry toe sy vir die derde keer hierdie jaar by ‘n SA kampioenskap die eerste plek behaal het in haar afdeling. Michelle mik nou vir haar vierde SA goud by die SA Kadet Kampioenskap wat volgende week in Kemptonpark plaasvind. Die klub is trots op hul stoeiers se uitstekende prestasies.