Bejaardes hou Lentetee

THABAZIMBI – Die jaarlikse Aliza-Aviela Lentetee vir die 80-jarige en ouer lidmate van die NG Kerk is op Woensdag 29 September by die kerk gehou.

Dit was ‘n gesellige geleentheid met groot waardering vir die samesyn terwyl tee en eetgoed geniet is.

Ds Johan Marais het die verrigtinge geopen met die lees van ‘n gebed en gelukwense aan bejaardes wat die week vantevore verjaar het. Tannie Magriet Lubbe het haar 99ste verjaardag gevier. Hester Hugo en Hannes Fourie het ook verjaar.

Een van die Lentetee-gaste, Lourie le Grange is Donderdag met ‘n ernstige hartaanval opgeneem in Medicare Hospitaal en is op Woensdag 6 Oktober oorlede.

Die volgende Aliza-Aviela-byeenkoms is op Maandag 6 Desember wanneer ‘n Kersnagmaal gehou word.