Bekyk syfers voor jy ‘n troseenheid of meenthuis koop

In die heersende ekonomiese klimaat is dit noodsaaklik vir kopers om hulle huiswerk deeglik te doen oor die geldskake van ‘n deeltitel- of trosskema voordat jy koop.

Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep, maan dat die invloed van ekonomiese toestande nie net tot losstaande huise beperk is nie en dat wanbetalings deur inwoners in groepskemas nou begin kommer wek.

Die omvang van die probleem word onderstreep deur die nuus dat invordering van agterstallige huurgeld en heffings nou deur die Raad op Skuldinvorderaars beheer word en dit sluit die oplegging van boetes en heffings vir laatbetalings in.

“Daar is ‘n siening dat tros- en deeltitelskemas finansieel veiliger as losstaande huise is en hoewel finansiële risiko rakende heffings, grondbelasting en munisipale belasting byvoorbeeld onder eienaars versprei word, kan wanbetalings in ‘n kompleks ooglopend tot probleme lei.”

Kotzé sê dit is daarom noodsaaklik om die boeke van ‘n huiseienaarsvereniging of beheerliggaam na te gaan, veral ten opsigte van ‘n tydsontleding van betaalbare rekenings en ontvangbare rekenings (insluitende heffings, spesiale heffings en ander bydraes) aangesien dit ‘n goeie aanduiding van die finansiële welsyn is.

“Dit is ook waar dat die geouditeerde finansiële inligting wat jy ontvang wanneer ‘n aankoop oorweeg word dikwels lank na die skema se finansiële jaar eind is, en in so ‘n geval behoort jy te vra om ‘n skedule van rekeninge betaalbaar op die datum wat jy beplan om eiendom te koop, te sien.”

Kotzé verwys na kenners Sectional Title Services (STS) wat sê dit is noodsaaklik dat die tydsontleding van alle krediteure, veral openbare of plaaslike owerhede, aan die einde van die huiseienaarsvereniging of bestuursliggaam se boekjaar bepaal word.

Jy moet ook die kontantreserwes na gaan, sê Kotzé, en bepaal of daar genoegsame voorsiening vir onvoorsiene gebeure en die onderhoud van gemeenskaplike eiendom gemaak is. ‘n Goeie algemene riglyn is drie of vier maande se heffings of tussen per eenheid.

“Die inkomstestaat is nog ‘n aanwyser en daar behoort ‘n vergelyking te wees tussen begroting en die werklike inkomste en uitgawes van die vorige boekjaar sowel as ‘n verduideliking vir enige afwykings. En as die rekenings nie geouditeerd is nie behoort dit as ‘n rooi vlag beskou te word.

Probeer laastens om vas te stel of enige spesiale heffings hangende is – en doen jouself ‘n guns deur die kompleks van nader te besigtig om te kyk hoe goed die gemeenskaplike areas versorg is.