Montego Hondekos in samewerking met TAR
THABAZIMBI – Die egpaar wat Montego Hondekos verkoop, Talitha en Roelf, het verlede week vyf sakke hondekos van 25kg elk en 5kg katkos aan TAR geskenk.
Hul daag ander besighede uit om ook donasies of skenkings aan hierdie nie-winsgewende organisasie te maak. Talitha en Roelf het onderneem om R30 afslag op ‘n 25kg Montego-sak en R10 op ‘n 10kg Montego-sak toe te staan indien ‘n kliënt dit aan TAR wil skenk. ‘n Bewys van betaling, sowel as ‘n bewys dat TAR dit wel ontvang het, sal uitgemaak word. Montego is geleë te Vanderbijlstraat 59, Thabazimbi en kan gekontak word by 014 777 2208 of 082 8747 049.