Kaskar-Dag by Laerskool Thaba

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het verlede Woensdag 22 September, hul jaarlikse Kaskar-dag op die sportveld aangebied.
Van die voorskoolse klassies tot Gr 7 het deelgeneem en terwyl die ander spanne kaskar gestoot het, het die res van die skool hulle gate uit geniet op die waterkaskenades. Daar was wenners van elke graad aangekondig wat skryfbehoeftes as wenprys ontvang het.