Rhino Stoeiers maak reg vir Streekskampioenskap

Die stoeiers van Rhino Stoeiklub wat aan die Mogol oefenkamp te Ellisras deelgeneem het.

ELLISRAS – Verlede naweek het 13 van die Rhino Stoeiers die Mogol oefenkamp te Ellisras bygewoon waar hul deur SA afrigter Rudi Botha vir twee dae “ gedrill” is.

Weereens het die stoeiers gewys dat hulle van staal gemaak is en volgehou met die Springbok stoeier se pas.

Die naweek was ook as spanbou gebruik vir die Limpopo streekspan wat hierdie naweek te Pretoria gaan stoei. Alle stoeiers wat ‘n medalje wen op streek, kwalifiseer vir die SA Jeug kampioenskap twee weke later en verdien hulle Limpopo kleure vir 2010.

Rhino wens die volgende stoeiers voorspoed toe met die Streekskampioenskappe wat op Saterdag plaasvind: Quintin Swart, Charles Niemand, Johan Fourie, Tienie Smit, Ruan Geldenhuys, Ivan Frohlich, Jovan Brakenhuizen en Stefan Geldenhuys.