
THABAZIMBI – Dit is met ‘n traan in die hart en ‘n glimlag op hul wang, dat Kowie en Rita Malan almal vandeesweek moet groet.
Hul verhuis na 28 jaar in Thabazimbi na Skuinsdrift. Hulle groet al hul vriende en die gemeenskap van Thabazimbi en omgewing en bedank almal vir wat hulle in die Malans se lewens beteken het, dit sal altyd gekoester word. Hul bedank ook almal se vriendelikheid, behulpsaamheid en die lekker kuiers wat hul gehad het. Volgens die Malans word hierdie hoofstuk in hul lewens afgesluit, maar bewaar hul dit vir ewig in hul harte. Hul kollegas van Obaro Thabazimbi, die Vliegepoort gemeente, gemeenskap van Thabazimbi, vriende en familie, gaan gemis word en word nogmaals bedank vir die 28 jaar wat hul saam met u in Thabazimbi kon geniet.

