General

Gratis hondsdolheid-inentings

THABAZIMBI – Die hondsdolheid inentings is nog tot die einde van die maand beskikbaar en word gratis deur die staatsveeartse gedoen.

Troeteldiereienaars word herinner dat dit ‘n wetlike vereiste is om alle katte en honde ouer as drie maande teen hondsdolheid in te ent. Mense word gewaarsku om nie alleenlopende, siek of beseerde diere te nader nie, ingeval hulle met die siekte besmet is. Dit is belangrik om onmiddellik mediese aandag te kry nadat ‘n persoon deur ‘n besmette dier gebyt is. As die simptome eers sigbaar is, is dit te laat vir behandeling.

Hondsdolheid is ‘n dodelike siekte wat die brein affekteer. Simptome varieer en sluit in gedragsverandering, aggressie, verlamming, bang vir water en moeilik om te sluk.

Die datums en tye vir die hondsdolheid inentings is as volg:
10 September om 09:00 – 12:00 by Regorogile Old Clinic;
10 September om 09:00 – 12:00 by Thabazimbi Ipelegeng Clinic;
13 September om 15:00 – 18:00 by Rethabile;
14 September om 10:00 – 13:00 by SmashBlock;
15 September om 14:00 – 18:00 by Chromite Village;
16 September om 10:00 – 15:00 by De Put Northam Township Kliniek en Laerskool;
17 September om 09:00 – 12:00 by Joubert winkel Kaaldraai;
20 September om 11:00 – 18:00 by Setaria Dierekliniek;
21 September om 10:00 – 17:00 by Anglo Platinum Myn Swartklip;
22 September om 10:00 – 17:00 by Amandelbult RPM;
23 September om 10:00 – 15:00 by Dwaalboom Kliniek;
27 September om 09:00 – 13:00 by Bethanie Winkel (Makoppa);
28 September om 10:00 – 13:00 by Grenswinkel;
29 September om 10:00 – 13:00 by Rooibokkraal;
29 September om 10:00 – 13:00 by Cumberland Polisiestasie en
30 September om 09:00 – 18:00 by Thabazimbi Dorp Munisipale Kliniek.

Kontak die staatsveearts vir verdere navrae by 014 777 1559 of Roy Ritshuri by 084 215 3237, 076 084 2390 of Steven Khwinana by 084 324 4995.