AGS Thabazimbi in 25 ton voedsel en klere om las te verlig

THABAZIMBI – Selgroepe van die AGS gemeente van Thabazimbi het tesame met ‘n afdeling van hul Jeug, Bid “Buddies”, ‘n voedselinsamelingsprojek geloods.
Die selgroepe het die insamelings gehou om die gemeenskap en omliggende gebiede se las ligter te maak. Op Woensdagaand 25 Augustus is daar ‘n somtotaal van 25 ton voedsel ingesamel. Die groep met die swaarste gewig van 1.2ton, het weggestap met dié spogreg.
Die voedsel sal aan Bosveld Oord, Tambotie Sentrum vir verswakte bejaardes, die plaaslike gemeente en plase geskenk word.