Goeie veggees wen goud by Great North 2

JOHANNESBURG – Die span skopboksers van Thabazimbi het uitmuntend gevaar tydens die afgelope skopboks toernooi in Johannesburg op Saterdag, 28 Augustus 2010 waarin hul in verskeie afdelings van die vegkunste deelgeneem het.
As beginners het die drie Lynn broers, Ruan Erasmus, Vicus Venter, Jacqeuline Pretorius, Danya Nepgun en Reghardt van den Berg hul staal getoon deur almal medaljes te verower. Onder die gevorderde afdelings het Anebel Buys haarself onderskei deur ‘n derde toernooi agtereenvolgend drie goue medaljes te verower. Ouboet Francois Buys het sy merk ook gemaak deur twee medaljes te verower in ‘n nuwe swaarder gewigs-afdeling waar hy harde teenstand van groter en ouer opponente gekry het. Die ondersteuners en ouers word bedank vir hul vasbyt by lang ure se toernooie.