Sport

Goeie slagspel by gholfklub

THABAZIMBI – Verlede Saterdag se Slagspel by Thabazimbi Gholfklub het goeie tellings opgelewer. Jeanetta Rall wen met ‘n netto telling van 67. Jacques van Eyssen, Sarel Marais en Piet Venter eindig op 71. Die beste bruto was die 71 van Johan Smit.

Saterdag 21 Augustus speel die manne liga op Mooinooi. Steelwings Motorfiets klub borg Saterdag 28 Augustus se gholf. Die inskrywings vir die dag lyk baie belowend en as u nog wil speel moet u maar so gou as moontlik inskryf.

Dit was hartseer om al die leë bottels en blikke te sien nadat die gras langs die skoonvelde afgebrand is. ‘n Mens wonder wat is die mentaliteit van spelers wat dit doen.

Die nuwe finansiële jaar het reeds begin en ledegeld is weer betaalbaar. Indien u voor einde Augustus betaal is dit nog teen verlede jaar se tarief. Daarna gaan u die hoër fooi betaal.