Geliefde sterf skielik

Fanie Visser (48) is Dinsdagaand oorlede. Sy begrafnisdiens was Maandag 19 Julie vanuit die NG Kerk Thabazimbi deur Dr. Tinus Benade behartig. Hy het by die huis ’n hartaanval gehad, waar die Curamed Ambulans ontbied is en in die Ambulans het hy ‘n tweede hartaanval gehad. Op Maandag 14 Julie om vier uur het sy hart ingegee as gevolg van sy longe wat te swak was.

Hy was na Diensplig werksaam by Yskor Ellisras en daarna by Tshikondeni en vanaf 1998 by Kumba Thabazimbi tot Junie 2009 waar hy as medies ongeskik verklaar is.

Hy laat sy vrou Susan, twee dogters, Suzaan (24) en Corné (22) asook kleindogter, Nikita (19 maande) agter.

Hiermee wil die familie die Hospitaal, Ambulansdienste, Dr. Buys, vriende en familie en die finansiële bystand bedank, dit word waardeur in die moeilike tyd.