Bekende roman skrywers in ons omgewing

Hier staan die skrywers saam met twee dames wat die boeke oggend bekendstelling bygewoon het, vlnr Desireë Strydom, Ida Bester-Gräbe, Rika du Plessis, Madelie Human en Venessa.

THABAZIMBI- Al diegene wat daarvan hou om op ‘n koue winteraand onder die komberse in te klim  en ‘n lekker boek te  lees, sal bly wees om te weet dat daar in ons omgewing 3 bekende Romanza skrywers is. Hierdie drie dames wat die bosveld met ons deel, het geen bekendstelling nodig nie, want hulle het al drie al bekendheid verwerf nl. Ida Bester-Gräbe, Madelie Human en Rika Du Plessis/Cloete.

Die bekende boek wat deur Ida Bester- Gräbe geskryf is, is Die laaste superkrok,  Pasmaats, Die Drakensdwergies, Die blomfeetjies en Die grondvreter. Bekende boeke van  Rika du Plessis is, Wewersvlei se mense,  Verborge waarheid, Jaarringe van liefde en Spoor na liefde. Madelie Human se bekende boeke is, Om Ben lief te hê, Optelgoed is houtgoed, Om Kobus te ken, Myne vir altyd en Genoeg is genoeg om maar ‘n paar van die skrywers se bekendste boeke te noem.

Die skrywers het op Saterdag 29 Mei by Boeke in die Bos byeengekom om lekker te kuier en mekaar met idees  te vul.  Die dames wat teenwoordig was het dit eens dat die skrywers se boeke baie bindend is dit eers neergesit kan word wanneer die laaste blaai gelees is.  Daar word beplan om weer so ‘n byeenkoms te hou en die besonderhede sal in Die Kwêvoël verskyn. Die publiek is welkom om Boeke ini Bos te besoek om van die boeke te bekom.