Limpopo Ope Stoei

Die sussies Michelle, Anina en Carien Snyman het medaljes ontvang met hulle onlangse deelname aan die Limpopo Ope stoei kampioenskappe wat gehou was te Pretoria. Op die foto is agter lnr: Michelle Snyman silver, Anina Snyman brons, voor lnr Gerhard Snyman en Karien Snyman silwer. Hulle is almal van die Stoeie klub in Thabazimbi onderlyding van Jaco Snyman.

THABAZIBI – Op 13 Maart 2010 het Ellisras Mogol Stoei Klub deelgeneem aan die Limpopo Ope te Pretoria en het uitsonderlike prestasies behaal. In ag geneem dat van die jonger stoeiertjies aan hulle eerste kampioenskappe deelgeneem het, het Mogol Stoei Klub weereens bewys dat hulle altyd mee rekening gehou moet word. Die stoeiers het as volg presteer:

Goud – Stefan Oosthuizen en Marnitz Grobler.
Silwer – Karien Snyman, Michelle Snyman en Riben Strydom.
Brons – Martin La Grange, Marius van Schalkwyk en Anina Snyman.

    Die stoeiers wat uitgeval het tydens die uitdunne was Jannus Jordaan, Gerhard Snyman en Dylan Bam.

    Tydens die Ope het Elize Grobler en Elsie Snyman opgetree as beamptes, Dries van Zyl, Mauritz Grobler, Marnitz Grobler, Jaco Snyman en Jan La Grange as afrigters en as spanbestuurders Debbie Bam en Zelda Bam. Hartlike dank word uitgespreek aan al hierdie persone wat Mogol Stoei Klub op die hart dra. Geluk aan al die stoeiers wat deelgeneem het en sterkte word hul toegewens met die voorbereiding vir die volgende kampioenskap.

    Enige belangstellendes kan gerus in skakel by die oefeninge wat plaasvind op Maandae en Woensdae vanaf 17:30 of kontak Jaco Snyman by 083 979 4474 vir oefening te Thabazimbi.