Bosveld Vleissentraal hou Dorper veiling

BELA-BELA – Die Bosveld Dorper klub se Stoet Dorper veiling van Bosveld Vleissentraal het op Vrydag 12 Maart op die Warmbad Skougronde plaasgevind.

Dié veiling het saamgeval met die Springbokvlakte se Landbou en Nywerheidskou waartydens die Bapedi ook hulle skou aangebied het wat ‘n reuse inskrywing en belangstelling gelok het. Die Expo was goed georganiseerd en is daar ’n geweldige uitstalling van beesrasse ook aangebied.  Die Expo is geopen deur die Adjunk-minister van Landbou mnr Pieter Mulder waarna die burgemeester van Bela Bela, Me Henrietta Ledwaba die verwelkoming behartig het.

Die skape wat aangebied was, was van uitstaande gehalte. Die totale dorper ooie verkoop was 124 met die hoogste prys van R3400 per ooi. Drie ooie met lammers is verkoop met die hoogste prys van R5000 per ooi met lam en 24 ramme is teen ’n gemiddeld van R4476 per ram verkoop.

Die totale Bapedi ooie wat verkoop is, was 13 teen ’n gemiddelde van R1385 per ooi, agt ooie met lammers is verkoop teen ’n gemiddeld van R1857 per ooi met lam terwyl 12 ramme teen ’n gemiddeld van R2125 verkoop is met die hoogste prys van R3250 per ram.

Totale omset van veiling was R 448 400.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.