Steelwings Thabazimbi reik uit na Rustenburg wesies
RUSTENBURG – Môrester Shelter, naby Stop ’n Stay in Rustenburg benodig hulp met die versorging van 16 kinders.
Hierdie kinders kort dringend mediese sorg. Hul leef in armoede en haglike omstandighede. Hulle lyfies is oortrek met sere, hul boudjies is gebrand en hulle gestelletjies is baie af. Hulle is ongelooflik vatbaar vir siektes en word vinnig siek.
Steelwings Thabazimbi motorfiets klub doen ‘n beroep op die gemeenskap om diep in hul hart en beursie te kyk om goedere bymekaar te maak vir hierdie kindertjies. Hul beplan om op Sondag 14 Maart al die items wat bymekaar gemaak is na die kinders te neem.
Steelwings benodig die volgende dienste en items vir die versorging van hierdie hawelose kinders: die dienste van ‘n dokter wat die kinders van gratis mediese sorg kan voorsien, of wat hul teen ‘n spesiale tarief kan bystaan; voedsel vir die kinders byvoorbeeld klaargepakte kosblikkies vir die skool aangesien daar gereeld floutes by die skool is as gevolg van die kinders wat nie voedsel het nie. Skryfbehoeftes, klerasie, doeke, bababenodighede en volwasse klerasie is baie welkom, maar elke kindjie het spesifieke behoeftes, vir diegene wat ‘n spesifieke kind wil help, kontak Jackie by jackieh@amplats.co.za of 0849995933, Linda Ridgard 072 403 0001 Linda.Ridgard@standardbank.co.za, Zirkia Casey by 083 444 7397 zcasey@mweb.co.za en Cherol Mastop (moeder van huis van veiligheid) 0763772642. As jy enige babagoed het kontak ons gerus en ons sal dit by jou kom afhaal of die nodige reelings tref om dit by jou te kom afhaal.
Pat Smith by 083 675 8282, Kobus Snyman by 083 230 4037, Lefty Erasmus by 072 219 5076, Ronel Erasmus by 082 878 6228, Anuschka Bredenkamp by 072 788 0582, Jaco Henning by 083 631 6250 en Marthie Smith by 082 782 4694.