Ons lesers skryf – Rade se geldsake in chaos, maar lede baljaar in Mosambiek

Ek haal aan uit Beeld, Saterdag 12 September 2009. “Die Thabazimbi Munisipaliteit het sowat R500 000 opsy gesit van die Belasting Betalers se geld om amptenare van die Raad na Mosambiek te stuur, om daar vir ‘n week lank rond te kerjakker”.
“Spesiale sportbaadjies wat etlike duisende rande gekos het, moes gemaak word” Skokkend!! Terwyl hierdie bankrot Stadsraad nie geld het om ons stukkende padtekens, straatnaamborde, verouderde waterpype, rioolstelsels, stukkende paaie,  ensovoorts op te gradeer nie. Dienslewering met water –en elektrisiteitlesing is pateties. Hoe lank nog, gaan ons as belasting betalers met hierdie toedrag van sake tevrede wees. Genoeg is genoeg. Ek doen hiermee ‘n beroep op elke inwoner wat belasting betaal, sluit aan by u Belasting Betalersvereniging en laat ons die voorbeeld van ander dorpe volg en dinge in eie hande neem en ontslae raak van ‘n onbevoegde munisipaliteit.
Marie Steenekamp