Ons lesers skryf – Engele om ons!

Die afgelope 3 maande het ons eerstehands die bestaan van ENGELE ervaar. Ons is baie dank verskuldig aan ons BESKERMENGELE, want hulle het goeie werk gedoen! Die is egter die “ander” engele waarvoor ons graag wil dankie sê. Sommiges bly net om die hoek en ander was nog altyd deel van jou hart. Daar is engele in die Polisie en ander werk weer in die bank. Een tap vir jou badwater in, terwyl ander jou huis skoonmaak en skottelgoed was. Engele is dokters, haarkapsters en skoonheidsterapeute.  Die een bring kos en die ander blomme. Hulle deel drukkies uit, stuur boodskappies en vee trane af. Snags ry hulle patrollie en hulle bid vir jou. Wat ‘n voorreg om deel van so ‘n dorp en gemeenskap te wees!

Elsabe en Deon van der Merwe