Laerskool Thabazimbi vier 75 jaar met Operettes

THABAZIMBI – Dit gebeur nie sommer dat ‘n skool twee operettes gelyk aanpak nie.  Aangesien die skool vanjaar 75 jaar al aan die gang is, bied Laerskool Thabazimbi vanaf 17 tot 20 Augustus ‘n kultuurweek aan soos min.
Maandag- en Woensdagaand is dit die Juniors se beurt. Graad R speel rond in ‘Die Speelgoedkas’ en Graad 1, 2 & 3 is bedrywig in ‘Pannekoekland’.
Dinsdag- en Donderdagaand is die Seniors op die verhoog.  Graad 4, 5, 6 en 7 se  140 deelnemers gaan  kuier onder andere op Mars in ‘Karnallies in die Ruimte’.
Almal word hartlik uitgenooi om te kom deel in dié feesvieringe.  Kaartjies is reeds by die finansiële kantoor beskikbaar vanaf Maandag 3 Augustus teen slegs R25 per persoon.