Ons lesers skryf – Henkie van Wyk se ma se brief aan Thabazimbi gemeenskap en die Kumnandi Fly Inn komitee.

FLY INN 30 MEI 2009

‘n Paar jaar gelede het ons familie op Thabazimbi (Koedoeskop) gehad en ‘n paar kennisse.  Later het die kennisse al meer geword en baie van hulle, vriende.

Vandag staan ons met groot dankbaarheid voor ‘n hele gemeenskap waarvan ons nie eers deel is nie. Julle dra vir ons, julle ondersteun vir ons en julle bid vir ons.  En dan is daar hierdie groot, groot gebaar van vandag wat met soveel harde werk van elkeen gepaard gaan.

Ons is bitter dankbaar en bevoorreg om deel daarvan te wees.  En al kan ons nie elkeen self bedank of iets teruggee nie, weet asseblief dat elkeen van julle bygedra het tot die sterker mense wat ons glo ons sal wees wanneer ons deur hierdie krisis is.

Dankie Here vir U groot genade!

Die Van Wyks