Juksei Kampioenskappe
KROONSTAD – Die B en C Toernooi het van af 23 – 26 Februarie 2009 te Kroonstad plaasgevind.
Limpopo het 3 medaljes en ‘n trofee losgeslaan. Daar was meegeding in die dubbels sowel as in Spanverband. Die uitslae is as volg:
Dubbels: Gemengde Afdeling – Spelers wat silwer ontvang is Joyce du Preez en Gerhard Booyens.
Mans B: Janis Genis en Kobus Maloney ontvang silwer medaljes.
Veterane: Derdeplek gaan aan Giel van Rooyen en Daan Botha.
Mans C: Derdeplek gaan aan Hendrik de Beer en Basie Stander.
Vroue: Debora van der Walt en Christien Kloppers behaal die sesdeplek.
Span afdeling: Vroue 1: Die Brons medalje gaan aan Joyce du Preez, Helen van Rooyen, Rene Small en Debora van der Walt.
Die drie Vrouespanne het die Johan Myburgh trofee ontvang vir die meeste punte.
Veterane 1 neem die vyfdeplek terwyl die Veterane 2 die sewendeplek neem.
Mans B1 neem die vierdeplek terwyl Mans C1 die sewendeplek neem.
Al die spanne wen gesamentlik die Chris Venter Trofee.
Noordwes neem die eersteplek, Limpopo die tweedeplek en Gauteng Noord die derdeplek.
Ses persone neem deel aan die proewe en die volgende gaan deur in die onderskeie spanne: Vyf Bestes bestaan uit Mans B se Janus Genis en Dames bo 60 se Joyce du Preez (reserwe).
Res-Spanne bestaan uit Mans B se Anton Botha en Dames O/60 se Lucille du Toit. Die afrigter is Niek Greyling en met Adri Muller as spanbestuurder.
Joyce du Preez en Debora van der Walt is opgeneem in die Uitnodigingspan teen Namibië.