General

Hoërskool Frikkie Meyer presteer

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het tydens die amptelike bekendstelling van die 2008 matriekuitslae vir die Limpopo Provinsie deur die LUR vir Onderwys, dr. Aaron Motsoaledi,  3 toekennings ontvang.
Die skool is aangewys as die Beste Skool in die Waterbergstreek en ook as 1 van die top 10 skole in die Limpopo Provinsie.  Hierdie toekenning geskied op grond van die totale slaagsyfer asook die totale aantal leerders wat toelating verwerf vir graadstudie.
‘n Trofee is toegeken waarmee HFM as ‘n Klub-50 skool geklassifiseer is.  Hierdie toekenning word gemaak aan skole wat 50 of meer matriekleerders het wat wiskunde en wetenskap as vakke  slaag.
Twee leerders, die tweeling Eliza en Elzaan Janse van Rensburg ontvang toekennings aangesien hulle onder die Top-30 presteerders in die provinsie is.