Laerskool Thabazimbi teenwoordig by SA Skaakkampioenskappe
POTCHEFSTROOM-Twee van Laerskool Thabazimbi se leerlinge, Scholtz le Roux en Jimmy Smith het aan die S A toernooi deelgeneem wat vanaf 7 tot 17 Desember 2008 in Potchefstroom gehou is. Die eerste 4 dae was dit spankompetisie en die individuele kompetisie is oor die volgende 6 dae gehou.
Wat die spankompetisie aanbetref het Scholtz le Roux vir die Platinum Unie se 0/12 A span in die “Kandidate” afdeling gespeel op bord nommer 3. Van die sewe rondtes wat gespeel is, het Scholtz 5 van die 7 rondtes gewen. Die 0/12 A spannetjie het dan ook ‘n 6de plek behaal uit die 28 spanne wat in dié ouderdomsgroep deelgeneem het. Jimmy het vir die Noordwes Provinsie se 0/14A span in die “Championship” afdeling gespeel op bord nommer 4. Hulle span eindig 7de.
Net daarna het die individuele kompetisie begin waar dit elke man vir homself was. Beide seuns het in hulle onderskeie ouderdomsgroepe deelgeneem en dié been van die kompetisie is oor 9 rondtes beslis. Uit dié 9 rondtes het Scholtz 4 punte bymekaar gemaak en uiteindelik 93 ste uit 138 seuns in die 0/12 ouderdomsgroep geëindig. Jimmy het 4,5 punte oor dié 9 rondtes bymekaargemaak en het 71ste uit die 136 seuns in die 0/14 ouderdomsgroep geëindig.