Ons lesers skryf: Gebrekkige diens by Telkom

Ek is ‘n inwoner van Spitskop-hoewes. Op 21 Augustus 2008 het ek rapporteer dat ons telefone buite werking was.
Daarna het ek ‘n boodskap ontvang dat die diens so gou moontlik herstel sal word. Na ‘n week van geen telefoonverbinding het ek weer navraag gedoen, want gewoonlik kry ons klagtes dadelik aandag.
Ons verneem toe dat die (telefoon) kabel gebreek is en dat Telkom wag vir ‘n nuwe kabel. Dit is nou ses weke later en Telkom wag steeds vir die nuwe kabel. Is dit moontlik?
Is ons as inwoners van Spitskop nie geregtig op beter diens nie? Gaan ons telefone ooit weer herstel word? Indien wel, wanneer?
Ons almal bly in afwagting.

Mev Van der Merwe

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.