Sport

Nuus van Bosveld Posduifklub

SWARTKLIP – Die afgelope naweek het die wedvlug weer plaasgevind van Delareyville.
Die Bosveld Posduifklub se Jong Duiwe-afdeling is deur Gejuti Hokke A afgelê teen ‘n wenspoed van 1258,99 meter per minuut (mpm). Tweede was Gejuti Hokke A (1256,31mpm), derde Herman Redelinghuys (1208,50mpm), vierde NJ Geldenhuys van Setaria Spar (1204,45mpm), vyfde Gejuti Hokke B (1201,1187mpm) en sesde Gejuti Hokke B (1201,1187mpm).
In die ope afdeling was NJ Geldenhuys A van Oppikoppi eerste met ‘n wenspoed van 1353mpm. Tweede was M&M Hokke (1332,73mpm), derde was Johan Alers B (1314,49mpm), vierde was NJ Geldenhuys A van Oppikoppi (1270,67mpm), vyfde was NJ Geldenhuys A van Oppikoppi (1261,9320mpm) en sesde was NJ Geldenhuys A van Oppikoppi (1261,9320mpm).