Gimnaste oppad SA’s toe

THABAZIMBI – Gimnaste van die Thabazimbi Gimnastiekklub het die afgelope jaar suksesvol aan al die vlakke deelgeneem.
Onder die leiding van Joey Koekemoer het ‘n groep gimnaste op 9 en 10 Mei aan ‘n kompetisie in Polokwane deelgeneem.  Hulle het goed presteer en kwalifiseer vir die proewe later in Mei.  Tydens die Limpopo proewe te Polokwane op 16 en 17 Mei neem 374 gimnaste, verteenwoordigend van 13 gimnastiekklubs deel.  Thabazimbi Gimnastiekklub het baie goed gevaar en 7 van die klublede verwerf hulle Limpopo kleure.  Ruben Clinton eindig as algehele wenner tydens die proewe met ‘n gemiddeld van 9,26 vir sy 4 dissiplines in mans artistiese gimnastiek.
Die volgende groot toernooi is die SA’s wat sal plaasvind op 13 en 14 Junie te Ermelo.  Vier van Thabazimbi Gimnastiekklub gimnaste kwalifiseer om deel te neem.
Daar is ook ‘n ontwikkelingspan wat onder die vlerk van Joey Koekemoer afrigting ontvang.  Sy is reeds 3 jaar besig met die afrigting van hierdie span en hulle presteer baie goed onder haar leiding. Die gimnaste verwerf almal hulle Limpopo kleure en almal sal ook aan die SA’s deelneem te Ermelo.  Die klub wil graag hul borge bedank vir hulle ondersteuning die afgelope tyd.  Sonder die ondersteuning sal dit net nie moontlik gewees het vir die klub om te kon bestaan nie.  Ruben Els en Thaba Tholo het hierin ‘n baie groot rol gespeel met al die borgskappe. Verskeie ander instansies en individue het ook bygedra vir die aankope van die ontwikkelingspan en die gimnaste se leotards en sweetpakke.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.