Duisende dankies aan Helpende Hande wat op baie kort kennisgewing, hierdie week, aan my ‘n rolstoel geleen het.
Die gemeenskap van Thabazimbi het weereens bewys dat ons mense is wat saamstaan in lief en leed en wat omgee. Dankie aan almal vir die blomme, gebede, telefoonoproepe en sms’e tydens my operasie Desember 2007 en aansterk periode tuis.
‘n Spesiale dankie aan my eggenoot, Erick en kinders, Armin en Amore. Julle het op kort kennisgewing oorleef, volwasse geraak en my hindernisbaan gelyk probeer maak, met groot sukses! Sonder julle sou ek nie hierdie pad kon stap.
Desnieteenstaande is die opdraande pad nie verby en ondergaan ek op 9 April 2008 ‘n rugoperasie wat voortspruit uit die talle frakture en beserings wat ek Desember opgedoen het.
Nietemin vertrou ek op die Hemelse Vader vir spoedige herstel sodat ek weer my volle gewig kan insit vir die gemeenskap wat my baie na aan die hart lê.
Mag Thabazimbi net Geseënd wees!
Gerda Hagryn
Vrou van die Jaar 2007/2008
