General

Ou werker oorlede

THABAZIMBI – Een van Die Kwêvoël se werkers met die langste diens, Thomas Sokutyifa (55) is Donderdagnag 20 Maart aan natuurlike oorsake oorlede. Thomas was vir die afgelope 21 jaar as drukpersoperateur in diens van Moredou Drukkers, wat ook uitgewers van Die Kwêvoël is.
Thomas is einde 2007 met tuberkulose gediagnoseer en het aanvanklik goed op die behandeling gereageer. Sy toestand het egter begin agteruitgang.
Hy het as drukkershulp by Die Kwêvoël begin werk nadat hy vir ‘n tyd lang vir die MGK op Thabazimbi gewerk het. Hy het homself tot drukpersoperateur opgewerk en was vir al die jare deel van die span wat gesorg het dat lesers Die Kwêvoël  elke Vrydag die gemeenskap op hoogte van sake kon hou.
Die begrafnis was Sondag. Hy word oorleef deur sy vrou Naomi, dogter Marie en seuns Edwin (20), Ellias (19), Daniël (12) en Norman (9).