Limpopo Amateur Rugbyspan na Moskow
THABAZIMBI – Die Limpopo amateur rugby span is uitgenooi om vanaf 2 tot 18 Augustus aan die Burgermeesters trofee in Moskow te gaan deelneem. Gelukkig het hulle ‘n baie ervare beampte gehad wat hulle vergesel het. Ampie le Roux, wat die Springbokke se bagasie meester was vanaf 1995 tot 2000 en 60 toetse met hulle meegemaak het, is gevra om hierdie span te vergesel. Aangesien dit die enigste land was waar hy nog nie was nie, het hy hierdie geleentheid aangegryp en het met graagte die manne vergesel. Op 2 Augustus 2007 het ‘n opgewonde 27 tal rugbyspelers en 5 beamptes by die Jan Smuts lugawe bymekaar gekom oppad na Moskow. Hulle eerste stop was in Dubai waar hulle vir 10 ure moes wag vir die volgende vlug na Moskow en daarna nog 6 ure op die vliegtuig spandeer het voordat hulle uiteindelik daar was. ‘n Renerige Moskow het hulle begroet waar meeste van die Russiese mense nie Engels praat nie. Al ses die spanne, 2 spanne van Rusland, Slava en Fili, Portugal se kampioenspan, Agronomia, Romenie se span genaamd Dinamo, Oekraïne se span genaamd Aviator en die Limpopo span wat deelgeneem het, het in dieselfde hotel tuisgegaan en die jong manne het vir twee dae in renerige weer op Fili se veld geoefen. Die eerste wedstryd wat hulle gespeel het op die 6de was teen Roemenie en hulle het 14-10 verloor. Op die 9de het hulle teen Fili gespeel en ‘n weghol oorwinning van 63-5 behaal. Die 12de het hulle ‘n loslootjie gehad en op ‘n bustoer na die Rooiplein gegaan en ander geskiedkundige plekke in Moskow besoek. Op die 15de het hulle die laaste wedstryd gespeel teen Portugal en wen toe met 40-7. Die Limpopo amateur span het dan in die derde plek geeindig, die meeste drieë gedruk en die hoogste punte totaal behaal. Elkeen van die spanlede het ‘n bronsmedalje ontvang. Dit was dan ook die eerste keer wat hierdie span voor die televisie kameras verskyn het en in hierdie betrokke wedstryde het 10 miljoen Moskow kykers hulle besigtig. Alles het baie suksesvol afgeloop, maar die manne kon nie weg om huiswaarts te keer en ‘n lekker biefstuk te braai nie.