Sport

Thabazimbi ruiters verteenwoordig Limpopo

THABAZIMBI – Ruiters van Thabazimbi het tydens die langnaweek van 10 tot 12 Augustus in Kyalami aan die THS Inter Regional Showjumping kompetisie deelgeneem. In die span items was Monica Willats met Wes Maki Saki deel van die Adults Group Limpopo span en stap ook met die louere weg. Melissa de Beer met Dividend in die AF span eindig vyfde. Ander spanne in die kompetisie is verteenwoordig deur Noord, Suid, Wes, Oos en Sentraal Gauteng. Lindie de Beer met Wairwolf het twee vierdeplekke in die JE kompetisie en kampioenskappe behaal en Liandi Pienaar, slegs nege jaar oud, neem deel aan haar eerste ôgraded showö met Solar Princess en spring al ses rondtes in die CF klas foutloos.