General

Motoriste moet waak teen spoed in woongebiede

THABAZIMBI – Mereike Petzer, leerling van Hoërskool Frikkie Meyer, was Donderdag, 19 Januarie raak gery in van der Bijlstraat. Die ongeluk het plaasgevind tydens die reënstorm wat dié middag geheers het.
Na bewering wou sy die pad oorsteek en het nie die voertuig gehoor of gesien nie. Die voertuig was onderweg in die rigting van Thaba Park waar die bestuurder nie die meisie oor die pad sien loop het nie weens die harde reën.
Mereike het mond, kop en hand beserings opgedoen, asook redelike kneus- en skaafplekke op haar lyf. Sy is op die oomblik in die intensiewesorg eenheid van Curamed waar sy aansterk.
Daar word ‘n beroep gedoen op motoriste in Thabazimbi, om ‘n lae spoed te handhaaf in die dorp, veral waar daar ‘n woongebied, sportterrein, skool, voetoorgang of besigheidsgebied is. Verminder jou spoed as jy sien ‘n kind of volwassene wil die pad oorsteek. ‘n Hoë spoed kan noodlottige gevolge inhou.
Mereike was een van die gelukkiges wat met redelike min beserings daarvan afgekom het. Onthou, “speed kills”. Wie weet, dalk is jou kind die volgende een wat die pad moet oorsteek.